Psalms 37:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal hom nie in sy hand laat nie en hom nie veroordeel as hy geoordeel word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here verhoed dat hy in hulle mag val sodat hulle hom skuldig kan bevind wanneer hy voor die gereg kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. |
| Afrikaans 1983 | maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here gee hom nie oor in sy hand nie, en veroordeel hom nie wanneer hy teregstaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here los nie die mens wat reg doen nie, daardie mens is nie skuldig wanneer mense hom oordeel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here pas sy kinders op. Hy laat hulle nie in die hand kom van mense wat sonder Hom leef nie. Hy laat nie toe dat hulle skuldig bevind word nie. |