Psalms 37:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek was jonk, en nou is ek oud; maar Ek het die regverdige nie verlate gesien nie, en ook nie sy nageslag wat brood soek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was jonk, en nou is ek oud. Maar ’n regverdige mens wat verlate is, het ek nooit gesien nie, of dat sy kinders vir kos moes bedel nie.
Afrikaans 1933/1953 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Afrikaans 1983 Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek jonk was en selfs noudat ek oud geword het, het ek nie gesien dat 'n regverdige versaak word, of dat sy nageslag kos soek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is nou oud, maar vandat ek jonk was tot nou toe, het ek nie gesien dat die Here 'n mens los wat reg lewe nie, ek het ook nie gesien dat so 'n mens se nageslag nie kos het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie. Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie. Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie.