Psalms 37:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die goddelose sal omkom, en die vyande van die HERE sal wees soos die vet van lammers: hulle sal verteer; in rook sal hulle verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die goddelose sal vergaan. Die vyande van die Here sal wees soos mooi weivelde wat soos rook verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
Afrikaans 1983 Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan; soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar goddeloses gaan tot niet, die vyande van die Here – soos kosbare weiveld verdwyn hulle, in 'n rookwolk verdwyn hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die mense wat verkeerd doen, sal sterf. Die vyande van die Here is soos die veldblomme, hulle verdwyn in die rook en hulle is weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan.