Psalms 37:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal nie beskaamd staan in die tyd van onheil nie, en in die dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Afrikaans (NLV) 2011 In slegte tye sal hulle nie verleë wees nie; selfs in hongersnood sal hulle genoeg hê.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Afrikaans 1983 In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal nie beskaamd staan in 'n tyd van teenspoed nie, en in tye van hongersnood is hulle versadig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal weet wat om te doen wanneer dit sleg gaan, en wanneer daar min kos in die land is, dan sal hulle genoeg hê om te eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet.