Psalms 37:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose het die swaard uitgetrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftiges neer te werp en die wat opregte wandel is, dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die goddelose trek die swaard en span die boog om die armes en behoeftiges tot ’n val te bring, om hulle wat reg doen, dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om die te slag wat opreg is van weg.
Afrikaans 1983 Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Goddeloses trek die swaard en span hulle boog om die magtelose en behoeftige neer te vel, om dié wat opreg leef, af te slag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat verkeerd doen, vat die swaard en hulle trek die boog styf, hulle wil die mense doodmaak wat hulleself nie kan beskerm nie en wat niks het nie, hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak,