Psalms 37:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die sagmoediges sal die aarde beërwe; en hulle sal hulle verlustig in die oorvloed van vrede.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar sagmoediges sal die land besit, hulle sal oorvloedige vrede geniet.
Afrikaans 1933/1953 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Afrikaans 1983 Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdruktes sal die land besit en hulle verlustig in die oorvloed vrede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die mense wat hulleself nie kan help nie, sal die land kry en hulle sal gelukkig voel omdat alles goed sal gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar mense wat nie te veel van hulleself dink nie, sal die hele aarde erf. Hulle sal bly wees oor hoe goed dit met hulle gaan.