Psalms 37:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want nog 'n klein tydjie, en die goddelose sal nie wees nie; ja, jy moet ywerig ag op sy plek, en dit sal nie wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Binnekort sal die boosdoeners nie meer daar wees nie; al soek jy na hulle, sal jy hulle nie kry nie.
Afrikaans 1933/1953 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Afrikaans 1983 Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog net 'n rukkie, dan sal daar geen goddelose meer wees nie. Jy sal sy plek dophou, maar hy sal nie daar wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oor 'n kort tydjie sal die mense wat verkeerd doen, weg wees. Jy sal kyk na die plek waar hulle was, en hulle sal nie daar wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net ’n klein rukkie nog, dan sal daar nie meer mense wees wat niks van God wil weet nie. Jy sal na hulle soek, maar hulle sal weg wees.