Psalms 36:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe groot is u goedertierenheid, o God! daarom het die mensekinders hul vertroue in die skaduwee van u vleuels gestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U regverdigheid is soos die hoogste berge, u oordeel soos die diepste waters. U sorg vir mense en diere, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere! |
| Afrikaans 1983 | u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U geregtigheid is soos massiewe berge, u regspraak soos die groot •oerwater. U verlos mens en dier, Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U doen reg op die aarde, ook op die hoogste berge, U oordeel reg, ook in die groot, diep water. Here, U red mense en diere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U tree altyd regverdig op. Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense. U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid. |