Psalms 36:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergewerp en sal nie kan opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dat die hoogmoediges my vertrap nie. Moenie dat die goddeloses my wegdryf nie.
Afrikaans 1933/1953 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. [ (Psalms 36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. ]
Afrikaans 1983 Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie, moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat 'n verwaande voet my nie inhaal nie, en die hand van goddeloses my nie laat rondswerf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie dat hoogmoedige mense op my trap nie, U moenie dat mense wat verkeerd doen, my wegjaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp. Keer dat sondaars my uit u hand ruk.