Psalms 35:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sonder oorsaak het hulle vir my hul net in 'n kuil weggesteek wat hulle sonder oorsaak vir my siel gegrawe het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al het ek hulle geen kwaad aangedoen nie, het hulle vir my ’n strik gestel. Al het ek hulle nie benadeel nie, het hulle vir my ’n gat gegrawe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. |
| Afrikaans 1983 | want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stel en vir my 'n gat te grawe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het immers sonder rede in die geheim vir my hulle vangnet gespan, sonder rede vir my 'n vanggat gegrawe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het niks gedoen nie, maar hulle grawe vir my 'n gat om in te val, ek het niks gedoen nie, maar hulle wil my doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slegte mense wil my sonder rede tot ’n val bring. Ek het niks aan hulle gedoen nie, maar hulle wil my vernietig. |