Psalms 35:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Trek ook die spies uit en stop die weg teen die wat my vervolg; sê vir my siel: Ek is jou heil.
Afrikaans (NLV) 2011 Neem u spies en werpspies op teen hulle wat my agtervolg. Laat ek hoor dat U sê: “Ek is jou redding!”
Afrikaans 1933/1953 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
Afrikaans 1983 Vat die spies en keer my vervolgers. Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek die spies en lans uit, om my vervolgers tegemoet te gaan. Sê vir my: “Ek is jou verlossing!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet die spies vat en die mense keer wat my jaag en my wil vang, U moet vir my sê dat U my sal red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Keer daardie mense wat agter my aanloop om my tot ’n val te bring. Gee my weer nuwe moed! Sê hard en duidelik vir my: “Ek sal jou red.” Keer daardie spul wat my wil doodmaak. Loop bo-oor hulle.