Psalms 35:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hulle jubel en bly wees, wat my regverdige saak begunstig; ja, laat hulle gedurigdeur sê: Laat die HERE groot wees wat behae het in die voorspoed van sy kneg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat hulle wat juig oor my vryspraak, uitroep van vreugde en blydskap. Laat hulle voortdurend sê: “Groot is die Here wat Hom verheug in die vrede van sy dienaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat hulle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg! |
| Afrikaans 1983 | Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word, laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy sorg dat sy dienaar vrede het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag dié wat graag wil hê dat reg aan my geskied, juig en bly wees en mag hulle aanhoudend sê: “Groot is die Here, wat vrede vir sy dienskneg begeer!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense wat wil hê ek moet wen, U moet húlle laat sing en bly wees, U moet hulle laat aanhou sê: “Die Here is groot, Hy wil hê dit moet goed gaan met 'n mens wat Hom dien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak almal wat my wil help se lewe vol vreugde. Laat hulle juig. Hulle moet aanmekaar sê: “Die Here is baie groot! Hy sorg dat elkeen wat Hom dien in vrede leef.” |