Psalms 35:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle spreek nie vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike sake teen die wat rustig is in die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle praat nie oor vrede nie, maar bedink vals beskuldigings teen onskuldige mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land. |
| Afrikaans 1983 | Hulle wil nie vrede hê nie, hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want dit is nie vrede waaroor hulle praat nie. Teen die mense wat stil is in die land versin hulle woorde van bedrog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hulle wil hê dat dit nie goed moet gaan met my nie. Hulle vertel leuens oor mense wat vir niemand in die land pla nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle wil nie in vrede met my leef nie. Hulle vertel lelike dinge oor my. |