Psalms 35:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die wat my vyande is, nie oor my bly wees nie, en laat hulle nie met die oog knip wat my sonder rede haat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie toelaat dat my verraderlike vyande oor my lekkerkry, of dat hulle wat my sonder rede haat, hulle verlekker oor my leed nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie! |
| Afrikaans 1983 | Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is, hulle verlustig in my leed nie. Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat, hulle verlustig in my leed nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat my vyande hulle nie valslik oor my verheug nie, laat hulle wat my sonder rede haat, nie met die oog knik nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moenie dat my vyande bly is oor wat met my gebeur nie, U moenie dat die mense wat my haat, lekkerkry nie, ek het niks verkeerd gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie dat ander bly wees as ek swaarkry nie. Hulle haat my sonder dat ek iets aan hulle gedoen het. Keer tog dat hulle bly is omdat dit sleg gaan met my. |