Psalms 35:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | HERE, hoe lank sal U daarna kyk? red my siel van hulle ondergang, my liefling van die leeus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe lank, Here, sal U net toekyk? Red my van hulle vernietiging, beskerm my van hulle wat my lewe soos leeus bedreig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. |
| Afrikaans 1983 | Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My Heer, hoe lank gaan U toekyk? Red my lewe van hulle vernietiging, my enigste lewe van die jong leeus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, hoe lank sal U dit nog sien en niks doen nie? U moet my red van hierdie mense wat my wil aanval soos leeus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, hoe lank gaan U nog toelaat dat daardie mense my laat swaarkry? Red my kosbare lewe uit die kloue van daardie spul. Hulle is soos ’n klomp honger leeus wat hulle prooi wil opeet. |