Psalms 35:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar in my teëspoed was hulle bly en het bymekaargekom; hulle het my verskeur en nie opgehou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou is hulle bly wanneer ek struikel. Hulle kom bymekaar, en lasteraars span saam teen my. Dié wat ek nie eers ken nie, trek my uitmekaar sonder ophou.
Afrikaans 1933/1953 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
Afrikaans 1983 Maar nou dat ek in die moeilikheid is, is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my. Sonder dat ek weet waaroor, skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaar en hulle kry nie end nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe ek struikel, was hulle verheug en het saamgedrom; aanvallers het teen my saamgedrom sonder dat ek dit besef, hulle het my sonder ophou uitmekaargeskeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe dit sleg gaan met my, was hulle bly. Hulle het om my kom staan en hulle het my gespot. Mense wat ek nie ken nie, het aangehou om lelike dinge vir my te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Noudat probleme my skielik onderkry, is daardie selfde klomp baie bly. Hulle span saam teen my. Almal van hulle het lekker oor my geskinder. Hulle het my verskriklik beledig. Hulle kry nie end nie.