Psalms 35:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my gedra asof hy my vriend of broer was: ek het swaar gebuig soos iemand wat oor sy moeder treur.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n vriend of ’n broer het ek opgetree, soos een wat treur oor sy moeder, geboë en in rou.
Afrikaans 1933/1953 Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
Afrikaans 1983 soos vir 'n vriend of 'n broer. Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur, krom en in die rou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) was ek rusteloos asof dit 'n vriend, my •broer, was. Soos iemand wat oor 'n moeder treur, was ek geboë en in rouklere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) soos ek vir 'n broer of 'n vriend bid. Ek het krom geloop en getreur, ek het gerou soos ek vir my eie ma sal rou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het hulle behandel soos my beste vriend, soos my broer. Ek het oor hulle gehuil soos ’n mens oor jou ma treur wanneer sy doodgaan. Ek was krom van hartseer.