Psalms 35:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat my betref, toe hulle siek was, was my kleed rou; ek het my siel verneder deur te vas; en my gebed het in my eie boesem teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe hulle siek was, het ek van droefheid rouklere gedra. Ek het myself verneder deur te vas, maar my gebede het teruggekom sonder ’n antwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek -- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. |
| Afrikaans 1983 | En tog, toe húlle siek was, het ek getreur soos oor 'n sterfgeval: rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie. Ek het sonder ophou vir hulle gebid |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek het, toe hulle siek was, rouklere aangetrek; ek het myself gefolter deur te vas. Toe my gebed na my teruggekeer het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek? Ek het rouklere aangetrek en sonder kos gebly toe hulle siek was. Ek het my kop gebuig en gebid |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle siek was, was ek hartseer oor hulle lyding. Ek kon selfs nie eet nie. Ek het gevas. Die hele tyd het ek sonder ophou vir hulle gebid. |