Psalms 35:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al my gebeente sal sê: HERE, wie is soos U, wat die arme red van hom wat vir hom te sterk is, ja, die arme en behoeftige van hom wat hom plunder? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My hele wese sal uitroep: “Here, wie is soos U wat die hulpelose red uit die mag van die sterke, en die armes en behoeftiges van dié wat roof?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! |
| Afrikaans 1983 | My hele wese sê: “Here, wie is soos U wat die swakke bevry van dié wat sterker is, die swakke en die arme van dié wat hom beroof?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My hele wese sal sê: “ Here, wie is soos U, wat die magtelose red van dié wat sterker as hy is, ja, die magtelose en behoeftige van dié wat hom beroof?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal met my hele hart sê: Here, daar is niemand soos U nie, U wat die mens red wat homself nie kan red nie, die mens wat niks het nie, U wat hom red van die mense wat sterker is as hy en wat hom verdruk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles in my sal uitroep: “Daar is niemand soos die Here nie! Dis net U wat mense wat swak is in hulle nood red. U bevry hulle van mense wat baie sterker is as hulle. U help swak mense uit die kloue van ’n klomp diewe.” |