Psalms 34:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vrees die HERE, sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! |
| Afrikaans 1933/1953 | Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! |
| Afrikaans 1983 | Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet self voel en sien dat die Here goed is. Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Here hom moet beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet self kom ervaar hoe goed die Here is. Jy is baie gelukkig as jy van die Here afhanklik is om jou op te pas. |