Psalms 34:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie arme man het geroep, en die HERE het hom verhoor en hom uit al sy benoudhede verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie.
Afrikaans 1933/1953 He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
Afrikaans 1983 Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verdruktes kyk op na Hom en hulle straal; hulle gesigte hoef nie rooi van skaamte te wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat hulleself nie kan help nie, wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help, en hulle is bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat swak is en hulp nodig het, sien dit raak. Hulle gesigte straal van blydskap. As hulle die Here se hand styf vashou, sal Hy hulle nooit teleurstel nie.