Psalms 34:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy bewaar al sy gebeente; nie een van hulle word gebreek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die HERE hom. |
| Afrikaans 1983 | Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Regverdige ervaar baie teenspoed, maar uit dit alles red die Here hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red. |