Psalms 34:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die ellende van die regverdige is baie, maar die HERE verlos hom uit almal.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.
Afrikaans 1933/1953 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
Afrikaans 1983 Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is naby die mense wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie, Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed.