Psalms 34:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die aangesig van die HERE is teen die wat kwaad doen, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp.
Afrikaans 1933/1953 Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
Afrikaans 1983 Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oë van die Here is op die regverdiges, sy ore op hulle hulpgeroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sorg vir almal wat doen wat Hy sê. Hy help hulle wat Hom om hulp vra.