Psalms 34:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kom, kinders, luister na my: Ek sal julle die vrees van die HERE leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs jong leeus ly gebrek en is honger, maar wie op die Here vertrou, kort niks wat goed is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie. |
| Afrikaans 1983 | Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jong leeus kry swaar en ly honger, maar wie die Here soek, ly geen gebrek aan alles wat goed is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Leeus kry nie altyd genoeg kos nie en hulle word honger, maar die mense wat vir die Here vra wat hulle moet doen, het genoeg van al die goeie dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs sterk roofdiere soos leeus met hulle groot krag vang partykeer niks nie. Dan ly hulle honger. Maar as jy van die Here afhanklik is, sal jy niks nodig hê nie. Die Here sal vir jou sorg. |