Psalms 34:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die jong leeus het gebrek en ly honger; maar die wat die HERE soek, sal niks goeds ontbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dien die Here, julle wat aan Hom toegewy is! Hulle wat Hom eer, ly geen gebrek nie.
Afrikaans 1933/1953 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Afrikaans 1983 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet ontsag hê vir die Here, julle wat aan Hom toegewy is; want wie vir Hom ontsag het, ly geen gebrek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wat aan die Here behoort, julle moet die Here dien, want die mense wat Hom dien, het altyd genoeg van alles.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle almal wat aan die Here behoort, kom dien Hom. Onthou, die Here voorsien in elke behoefte van mense wat Hom dien. Jy sal niks nodig hê nie.