Psalms 33:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die hele aarde die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom ontsag hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat elkeen op die aarde die Here dien. Laat die inwoners van die wêreld ontsag hê vir Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; |
| Afrikaans 1983 | Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele aarde moet vir die Here ontsag hê, Hom moet al die bewoners van die wêreld vrees; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here, almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet alles en almal vir Hom respek hê. Elkeen in die wêreld moet eerbied vir God hê. |