Psalms 33:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur die woord van die HERE is die hemel gemaak; en hulle hele leër deur die asem van sy mond.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur die woord van die Here is die hemele geskape; en deur sy woord al die hemelliggame.
Afrikaans 1933/1953 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
Afrikaans 1983 Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur die woord van die Here is die hemele gemaak en deur die asem van sy mond die hemel se hele leër.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê die lug en die sterre moet daar wees, en toe was hulle daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Deur net ’n woord te sê het die Here die blou hemelkoepel gemaak. Al die sterre, planete, mane en sonne het deur sy krag ontstaan.