Psalms 33:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is die nasie wie se God die HERE is; en die volk wat Hy as sy erfdeel uitverkies het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Homself as sy eiendom gekies het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is, met die volk wat Hy vir Hom as sy eie gekies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy as sy eiendom gekies het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is, die volk wat Hy gekies het om aan Hom te behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat die Here as God aanbid, sal baie gelukkig wees. Hulle is sy kinders. Vir Hom is hulle elkeen baie spesiaal. |