Psalms 33:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die raad van die HERE bestaan tot in ewigheid, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here se planne staan vir altyd vas; sy beplanning geld vir geslag na geslag.
Afrikaans 1933/1953 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983 Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die raadsplan van die Here bestaan vir ewig, die planne wat Hy bedink, van geslag tot geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Here iets wil doen, dan doen Hy dit, wanneer Hy besluit het iets moet gebeur, dan gebeur dit en dit bly altyd so.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dit wat die Here vir sy kinders beplan, sal nooit vernietig word nie. Dit wat Hy vir hulle beplan, geld vir altyd.