Psalms 32:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees nie soos 'n perd of soos 'n muil wat geen verstand het nie; wie se mond met byt en toom vasgehou moet word, sodat hulle nie na jou toe kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie redeloos wees soos ’n perd of muil wat met stang en toom beheer moet word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. |
| Afrikaans 1983 | Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet julle nie soos 'n perd, soos 'n muil sonder verstand, gedra nie: Met toom en stang moet sy krag beteuel word, anders bly hy nie by jou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie soos 'n perd of 'n muil wees wat dom is nie. 'n Mens moet 'n stang en 'n toom hê om so 'n dier mak te maak en om hom by jou te hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie so dom soos ’n perd of ’n donkie wees nie. Hulle het maar min verstand. Hulle moet met ’n toom en ’n teuel gelei word, anders beteken hulle niks nie. |