Psalms 32:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U is my skuilplek; U sal my van benoudheid bewaar; U sal my omring met liedere van verlossing. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 U is vir my ’n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding. Sela
Afrikaans 1933/1953 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
Afrikaans 1983 U is vir my 'n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U bied vir my beskutting; U vrywaar my van nood; met jubelkrete van bevryding omring U my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U beskerm my, U hou my weg van gevaar, U maak my vry, en ek kan daaroor sing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U beskerm my. U pas my op in elke krisis. U laat my uitroep van vreugde wanneer U my red.