Psalms 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit sal elkeen wat vroom is tot jou bid in die tyd wanneer jy te vinde is: waarlik, in die strome van groot waters sal hulle nie naby hom kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom moet al die vromes U aanbid in tye van nood. Die groot vloedwaters sal dié mens beslis nie oorval nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is waarom elke getroue volgeling tot U moet bid terwyl die geleentheid daar is. Die geluid van 'n groot watervloed sal hom nie bereik nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bid wanneer dit met hom sleg gaan. Dan sal die watervloed hom nie wegspoel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet almal wat hulle vertroue in U stel, in moeilike tye na U roep. As groot probleme ’n gelowige tref, sal dit niks aan hom doen nie. |