Psalms 32:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het my sonde aan U erken, en my ongeregtigheid het ek nie verberg nie. Ek het gesê: Ek wil my oortredinge aan die HERE bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My sonde het ek teenoor U erken; my sondeskuld het ek nie bedek nie. Ek het gedink, ek wil my oortredings teenoor die Here bely, en U het my sondeskuld vergewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het ek my sonde vir U bely, ek het nie probeer wegsteek dat ek verkeerd gedoen het nie, ek het gesê ek sal vir die Here bely dat ek opstandig was. En U het my sonde vergewe. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek my verkeerde dade voor U bely. Ek het nie stilgebly oor die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Ek het besluit om my slegte dade vir die Here te vertel. U, Here, het dit alles vergewe. |