Psalms 32:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe ek stilgebly het, het my gebeente oud geword deur my gebrul die hele dag lank.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun.
Afrikaans 1933/1953 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
Afrikaans 1983 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek stilgebly het, het my gebeente broos geword onder my gekreun die hele dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes, het ek die hele dag gekla en gesug en ek het maer geword,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek stilgebly het oor my verkeerde dade en dit nie voor die Here bely het nie, het dit baie sleg met my gegaan. Ek het maer geword soos ek die hele dag hard gebid het.