Psalms 32:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is die man aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die mens vir wie die Here sondeskuld nie toereken nie, en in wie se gees geen bedrog is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met 'n mens wanneer die Here nie sê dat hy skuldig is nie. Dit gaan goed met 'n mens wat nie ander mense bedrieg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is baie gelukkig as die Here jou nie laat betaal vir jou skuld nie. Jy is ook gelukkig as jy nie skelm is of ander mense probeer te kort doen met geld nie. |