Psalms 32:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Baie smarte sal vir die goddelose wees, maar hy wat op die HERE vertrou, barmhartigheid sal hom omring.
Afrikaans (NLV) 2011 Baie leed tref die goddeloses, maar onfeilbare liefde omring húlle wat op die Here vertrou.
Afrikaans 1933/1953 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou -- met goedertierenheid sal Hy hom omring.
Afrikaans 1983 Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou – troue liefde omring hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan baie sleg met 'n mens wat verkeerd doen, maar die Here doen wat Hy belowe het vir die mens wat in Hom glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat die Here nie dien nie, ken baie hartseer. Maar elkeen wat op die Here vertrou, kan op sy groot liefde staatmaak. Die Here sal hom met sy goedheid toevou.