Psalms 31:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy het my nie opgesluit in die hand van die vyand nie; jy het my voete gesit in 'n groot vertrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil juig en bly wees oor u troue liefde, want U het my ellende gesien, U weet van al my benoudhede. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het |
| Afrikaans 1983 | Ek wil jubel en juig oor u troue liefde: U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek wil juig en vreugde vind in u troue liefde – dat U my ellende raakgesien het, bewus was van die benouenis van my lewe, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal juig en bly wees omdat U doen wat U belowe. Ja, U het gesien dit gaan sleg met my, U weet dat ek swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is opgewonde oor u liefde, want U het my nie alleen gelos toe ek swaargekry het nie. In my nood het U my gehelp. Want U het raakgesien toe ek in die moeilikheid was. |