Psalms 31:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote, want die HERE bewaar die gelowiges en vergeld die hoogmoedige dader in oorvloed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek bang was, het ek geroep: “Ek is afgesny van die Here!” Maar U het na my gebede geluister toe ek na U om hulp geroep het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp. |
| Afrikaans 1983 | Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek, ek het in my angstigheid gedink ek is afgesny, weg uit u gesigsveld. Nogtans het U my smeekgebed gehoor, toe ek na U om hulp geroep het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek? Toe ek so bang was, het ek gedink hulle sal my wegvat van U, maar U het geluister toe ek gesoebat het en gevra het dat U my moet help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl ek baie bang was, het ek gedink: U sien my nie meer raak nie. Ek gly uit u arms. Maar U het my gehelp toe ek U gevra het om my nie alleen te los nie. |