Psalms 31:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geloofd sy die HERE, want Hy het sy wonderbare goedertierenheid aan my bewys in 'n sterk stad.
Afrikaans (NLV) 2011 U verberg hulle veilig in u teenwoordigheid teen komplotte van mense. U bedek hulle in u skuilplek, veilig van dié wat hulle beskuldig.
Afrikaans 1933/1953 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
Afrikaans 1983 Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U verberg hulle in die beskutting van u teenwoordigheid teen die sameswering van mense; teen twisgierige tonge steek U hulle weg in 'n skuiling.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer mense planne maak teen die mense wat vir U dien, dan steek U hulle veilig weg by U, U beskerm hulle wanneer mense hulle beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U beskerm hulle teen almal wat slegte planne teen hulle uitdink. U pas hulle op. Geen skinderstorie kan hulle seermaak nie.