Psalms 31:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O, hoe groot is U goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees; wat U bewerk het vir die wat op U vertrou voor die mensekinders! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat die leuenaars stilgemaak word, dié wat vol hoogmoed en veragting teen regverdiges praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige. |
| Afrikaans 1983 | Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die bedrieglike lippe swyg, hulle wat uit die hoogte en met minagting onbeskaamd oor die regverdiges praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet die mense stilmaak wat leuens vertel, die mense wat hoogmoedig is en spog en wat dink hulle is beter as die mense wat reg doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee dat hulle wat loop en skinder, nooit weer praat nie. Hulle sien neer op elkeen wat vir U lief is. Hulle dink niks van u kinders nie. Hulle is so vol van hulleself. |