Psalms 31:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die leuenagtige lippe stilgemaak word; wat met trots en minagting teen die regverdiges spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie dat ek in skande kom nie, Here, want ek roep tot U om hulp. Laat die goddeloses in die skande kom, en in stilte neerdaal in die graf. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk! |
| Afrikaans 1983 | Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk ingaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep na U; laat die goddeloses beskaamd staan, laat hulle die •doderyk stil binnegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moenie my laat verloor teen my vyande nie, ja, ek bid tot U, U moet die mense laat verloor wat verkeerd doen, U moet hulle stilmaak en na die doderyk stuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet my nie in die steek laat nie, Here, want ek bid dag en nag tot U. Laat hulle wat weier om U te dien, sleg daarvan afkom. Mag hulle van die aarde af verdwyn. Dan sal hulle stem stil word. |