Psalms 31:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is vergeet soos 'n dooie uit die hart, ek is soos 'n gebreekte houer.
Afrikaans (NLV) 2011 Al my vyande het my geminag, my bure het my verag, vir vriende was ek ’n verskrikking. Op straat draai hulle weg van my.
Afrikaans 1933/1953 Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
Afrikaans 1983 Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, 'n verskrikking vir al my bekendes. Dié wat my op straat sien, vlug vir my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het 'n bespotting geword oor al my teenstanders, veral by my bure – ja, 'n verskrikking vir my kennisse. Wie my op straat sien, vlug van my weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My bure spot my omdat so baie mense téén my is. Mense wat my ken, skrik vir my, mense wat my op die straat sien, vlug weg van my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is mense wat my tot ’n val wil bring. Hulle sorg dat almal my uitlag. Mense met wie ek bevriend was, wil niks met my te doen hê nie. Elkeen wat naby my kom, spot met my. Hulle vlug weg sodat hulle my nie hoef te sien nie.