Psalms 31:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek was 'n smaad onder al my vyande, maar veral onder my bure, en 'n vrees vir my bekendes; die wat my van buite gesien het, het van my af weggevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sterf van verdriet; droefheid verkort my lewe. Ellende het my kragte uitgeput; ek kwyn weg van binne af. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit. |
| Afrikaans 1983 | My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ja, my lewe kwyn weg van kommer en my lewensjare met 'n gesug. My kragte gee mee onder my sondelas, en my ledemate swel op. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My hele lewe lank het ek pyn gehad, ek het gekla en gesug, ek het swak geword oor my sondes, ek het nie meer krag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, ek word al hoe maerder omdat ek my lê en bekommer. Al die swaarkry maak my oud voor my tyd. My moeilikheid laat my kragte afneem sodat ek so maer word. |