Psalms 31:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want my lewe is deur droefheid en my jare met gesug: my krag beswyk vanweë my ongeregtigheid, en my gebeente verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, wees my genadig, want ek is in nood. My trane verdof my oë. My siel en liggaam kwyn weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. |
| Afrikaans 1983 | Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees my genadig, Here, want ek is benoud; my oë is dik geswel van verdriet, my •siel en liggaam, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet genadig wees vir my, want ek kry swaar. My oë is dof, want ek huil baie, ek voel baie sleg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees goed vir my, Here, want ek is diep in die moeilikheid. Ek is doodmoeg van al die huil. Ek is totaal uitgeput. |