Psalms 30:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het U aangeroep, HERE; en tot die HERE het ek gesmeek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U goedheid, Here, was vir my soos ’n stewige berg. Maar toe U van my af wegdraai, was ek verskrik. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword! |
| Afrikaans 1983 | Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here. Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur u goedgesindheid het U, Here, my so sterk soos 'n berg laat staan. Verberg U u gesig, is ek beangs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U was goed vir my, U het my sterk laat staan soos 'n berg. Maar toe U my nie meer wil sien nie, het ek bang geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U was vir my goed en U het my beskerm, Here. Maar toe het U van my af weggekyk. Eers was daar net ’n doodse stilte van u kant af. Ek het gebewe, so bang was ek. |