Psalms 30:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in my voorspoed het ek gesê: Ek sal nooit wankel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde. |
| Afrikaans 1933/1953 | want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig. |
| Afrikaans 1983 | Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want sy toorn duur 'n oomblik, sy goedgesindheid 'n lewe lank. In die aand word daar aanhoudend gehuil, maar teen die oggend is daar jubelkrete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Hy bly nie lank kwaad nie, Hy is vriendelik so lank soos 'n mens lewe. Ek huil die hele nag, maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur. |