Psalms 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die verlossing behoort aan die HERE: u seën is op u volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Staan op, Here! Bevry my tog, my God! U het al my vyande op die kakebeen geslaan, die tande van die goddeloses het U gebreek!
Afrikaans 1933/1953 Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. [ (Psalms 3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela. ]
Afrikaans 1983 Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Staan op, Here, verlos my, my God, want U het al my vyande op die wang geslaan; die tande van die goddeloses het U gebreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê: Here, U moet kom! My God, U moet my weer red! Ek vra dit, want U het my vyande hard geslaan op die kakebeen, U het die mense wat verkeerd doen, se tande gebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Staan op, Here! O my God, red my! U het almal stilgemaak wat my wil seermaak. U kan mense wat U nie dien nie, se mond maklik stilmaak.