Psalms 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal nie bang wees vir tienduisende mense wat hulle rondom my teen my opgestel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. |
| Afrikaans 1983 | As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek kan gaan lê, aan die slaap raak en wakker word, want die Here onderskraag my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek gaan lê en slaap, en ek word weer wakker, want die Here beskerm my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die aand kan ek gaan slaap sonder om te lê en rondrol van bekommernis. In die môre word ek rustig wakker, want ek weet die Here sal my krag gee om my probleme op te los. |