Psalms 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het my gaan lê en slaap; ek het wakker geword; want die HERE het my onderhou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela. |
| Afrikaans 1983 | As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer ek hard roep na die Here, antwoord Hy my van sy •heilige berg af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek die Here roep, dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek roep so hard as wat ek kan tot die Here. Hy hoor my as ek bid. En Hy antwoord my. |